JOIN OUR MAILING LIST

DEUR : FRANS SMIT

Pres. Willem Cornelis Janse(n) van Rensburg *16.05.1818 -13.08.1865

Te oordeel aan gepubliseerde en ongepubliseerde bronne wat handel oor die periode 1850-1864 eers waarnemende, toe die verkose tweede president van die ZAR het W.C. Janse van Rensburg 'n minder belangrike rol in ons land se geskiedenis gespeel.

Sy naam word by uitsondering, en dan so terloops vermeld.

Weliswaar was sy optrede nie skouspelagtig nie en is die vinger moeilik te lê op sy bydra as openbare figuur in die begin jare van die Z.A.R. Dit kan toegeskryf word aan die feit dat sy openbare loopbaan betreklik kortstondig was. Gedurende sy verblyf op Potchefstroom en Ohrigstad, is daar verskei afvaardigings na Delagoabaai gestuur. Na alle waarskynlikheid het hy een van die ekspedisies meegemaak waartydens hy swartwaterkoors opgedoen het, wat sy gesondheid permanent geknak het. Dit het grootliks daartoe bygedra tot sy vroeë dood op die betreklik jeugdige ouderdom van 47jaar.

Verder het Van Rensburg se belangrikste amptelike aktiwiteite saamgeval met die storm en drang-periode in die ou Transvaal, wat doelbewus vergeet is.

Dit word egter duidelik dat die blonde boer, skraal en 6 voet 3 duim lank (1.90 meter) met 'n konserwatiewe gees; diepgaande Christelike beginsels en opregte eerlikheid en sy verantwoordelikheidsin; hom gedwing het om pligsgetrou n rigtinggewende bydra te lewer in die vestiging van 'n ordelike staatkundige bestel in die wordingsjare van die jong  Z.A.R.

Lees meer oor sy verhaal in - President Geskiedenis

Terug Terug na bo