JOIN OUR MAILING LIST


 

 

 

HETTIE ONTHOU HAAR MA, SUSTERS EN BROER SO!!

 

OUMA GROOTJIE , ANNA CRISTHINA PIETERSEN getroud met Pieter Malan hul kinders was Dawie, Pieter en Martie.(Klein ouma)

Oupa Malan is deur weerlig doodgeslaan. Ouma is toe weer getroud met Johannes Grove.

 

Dawie Malan het 3 kinders gehad en het op Swartruggens gebly.

Pieter Malan se vrou was Neeltjie Petronella, hulle het 2 dogters Joey en Annetjie gehad.

 

Oupa Willem het broers en susters gehad. Een broer was Oom Gys verder kan ek nie onthou nie.

 

KLEIN OUMA - MARTHA CATHARINA (MALAN)

 

OUPA - WILLEM CORNELIUS JANSE VAN RENSBURG

 

KLEIN OUMATJIE

 

Klein ouma was baie saggeaard en het altyd sag gepraat en gelag. Sy was baie lief om in die tuin te werk en het groente tuin gemaak en die kinders en weduwees wat om ouma gebly het, het ook groente gekry. In Roodepoort het sy n baie groot erf gehad.

 

Klein ouma het elke Vrydag aand vir my kasterolie of engelse sout gegee om te drink want op Saterdagaande   kan jy nie want Sondag moet jy kerk toe. Toe ek groter geword het wou ek dit nie meer drink nie, dan het ouma dit maar self gedrink.

 

Enige swaer kan net noem dat hy lus het om weer te gaan kamp, dan was dit soos n veldbrand dan gaan almal na Kromdraai of Seekoei Hoek toe. Slaan tente op ,span komberse vir afskortings by Seekoei Hoek. Bettie hulle het altyd   hoendertjies saam gebring. Broer het gesorg vir lekker waatlemoen wat hul in die spruitjie daar naby gesit het.  

 

Saterdae moes ek eers die huis skoon maak voor ek en my maats kan gaan fliek. Die vloere moet blink en alles moet op hul plek wees. Maar oo! Wee , Wanneer ons terug kom van die fliek dan is die huis so deurmekaar, in die somer was die vloere vol modderspore en in die winter vol droe gras . Die rede, die kinders met hul kinders het kom kuier. So! Ek moes maar weer die vloer vryf voor ek gaan slaap want more is Sondag dan mag jy nie werk nie. Loetie het ook baie vir my kom kuier.

 

Klein ouma het 2 broers gehad, Oom Dawie Malan het in Holfontein gebly het op n plaas naby Swartruggens. Oom Pieter Malan het in Nelie straat ,Krugersdorp Wes gebly. Sy vrou Neeltjie Pietronella het 2 dogters gehad.Joey en Annetjie.

Oom Stoffel het in Marikana geboer. Bettie Snyman se nooiensvan was Pieterse sy was n halfsuster van klein ouma.

 

Ouma het van die plaas af dorp toe getrek. Hulle het eers in Langlaagte gebly om naby die fabrieke te wees. Want omtrent al die kinders het nog in die huis gebly. Net Ousus , Sus en Bettie was getroud. Naderhand het ouma in Roodepoort gaan bly naby die stasie, later in  Krugersdorp - Wes by Sarie. Daarna het ouma saam met Hettie en Willie op die plaas Buffelsfontein naby Magaliesburg gaan bly. Daar het Klein ouma elke 3 maande by elke kind gaan kuier.

 

Klein ouma het altyd gese  "Werk met Lus" as sy sien jy is nie lus om die werk te doen  wat sy jou gegee het.

 

Klein ouma het n kombers op die vloer gesit en die ysterlees, hammer spykertjies ens.,dan al die kinders se skoene vir hul versool.

 

Klein ouma, ek en my vriendin Hester Theunissen het met die stoomtrein Swartruggens toe gery waar oom Dawie Malan (Klein ouma se broer) geboer het. Dan het hulle ons  met die wa en osse by die stasie kom haal. Naweke het die jong klomp van plaas tot plaas geloop en kuier, musiek instrumente, kos is op Krywaens gesit as dit te swaar geword het. Almal moet saam niemand mag by die huise agter bly nie.

 

By die laaste plaas word daar gekuier en gedans tot dagbreek toe.

 

Oupa van Rensburg kom van Marikana/ Brits. Een broer se naam was Hendrik Nicklaas Janse van Rensburg.

 

Al wat ek regtig kan  onthou is  dat my pa sy een been oor die ander gesit het en ek in die gaatjie moes sit met my kop op sy knieg. Dan wieg hy my so aan die slaap.

 

Ek was so 3jaar oud toe my pa die ossewa vol koring sake gelaai het om dit te gaan verkoop. Daar was n draad hek. Weerskante was daar 2 groot stompe wat as hoek pale gedien het. My pa het die hek oop gemaak en voor die hekpaal gaan staan sodat die osse verby hom moes loop. (Onthou osse kan nie self reguit loop nie). Maar die wa het hom op sy bors vasgedruk teen die paal, hy kon nerens heen.

Hy het inflamasie in sy bors gekry en is toe Krugersdorp hospital toe en daar is hy oorlede. Is toe op Bultfontein te Hekpoort begrawe op sy plaas(1 Junie 1932 ). Klein ouma is ook daar begrawe (28 Junie     ). Na oupa dood is het ouma net 3 pennies by haar gehad. 

 

Ek onthou Klein ouma toe sy by ons gebly het, het sy my probeer hallelujah liedtjies leer, dan sing ek Hasie hoekom is jou stert so kort, Dan het sy net vir my gese die duiwel sit hier agter jou nek. Dan hardloop ek na my ma toe om seker te maak daar is niks nie. - onthou Marie. 

   

OUSUS  en HENRY WHEELER

 

Ek (Hettie) onthou dat ouma en ek met die trein Durban toe gaan kuier het. Dit was baie lekker om in die trein te slaap, terwyl hy voort stoom.

 

Ousus het graag elke Saterdag oggend haar self uitgevat om mark toe te gaan om vars vis en groente te koop. Henry het nagdiens gedoen dus slaap almal nog ,as sy met die bus mark toe gaan. Hulle het nooit n moter gehad nie, net n moterfiets met n sy span aan waar Ousus in gesit het as hulle saam is.

 

As ons terug kom van die mark is sy een, twee, drie uitgetrek. Die parafienstoof word aan gesteek en hoor jy net hoe pomp sy die stoof ,dan word die skyfies en vis gebraai.

Sie daar, die kos is klaar. Sy kan sommer in n japtrap n groot ete klaar maak. Dit was n gereelde ete op Saterdae.

 

Ousus het altyd sulke lang naels gehad wat bloedrooi geverf is, was ook knap met naaldwerk. Sy was n baie vrolike mens. Hendry was n treindruiwer en was tweetallig.

Later toe hulle ouer geword het, het ousus Hendry se hare ook gekleur.

 

Dit is alles wat ek die meeste kan onthou .... Hettie

 

Kathleen en haar kinders Chris, Niel en Anne  het baie vakansies vir ons op die plaas kom kuier. Hennie en Thea het baie lekker gespeel. - Marie 

 

SUS en LOUIS MEIRING

 

Dit was my tweede huis. Want al die kleinkinders  van Ouma ( sy was n vroedvrou) as hulle gebore word , dan word ek by Sus afgelaai, maak nie saak watter tyd van die nag dit was nie. As ek my oe oopmaak dan le ek langs Marie. Ek vra nie meer hoekom ek daar is nie of waar is Ouma nie.

 

Sus was vir my soos n ma. Sy was n baie geduldige en saggeaarde mens, Sus het my geleer om koek te bak. Wat ek so trots op was, het dit dan skool toe geneem as die skool gesluit het, natuurlik! gespog  dat ek dit self gebak het. Dit  was toe ek in std 1 of 2 was, hulle het dit met lus opgeeet.

 

Marie was my jonger suster, sy het saam met my gegaan om Ouma se huis aan die kant te maak. Daar die tyd moes jy nog die vloer uitvee, polletoer smeer en opvryf met die borsel . Ek moes op die parrafien stoof vir die hond pap maak. Dit is n ander storie, want as dit begin kook dan skiet die pap uit en jy kom nie naby nie.

 

Saans (vrydagaande) het ons in Hennie se kamer touches gespeel en oor die dubbelbed , onder en  om. Dink net die lawaai wat ons gemaak het. Louis moes die volgende oggend baie vroeg werk toe gaan. Sus het kort kort ons kom waarsku vir die lawaai wat ons maak. Maar as die persoon so naby jou kom, dan moet jy n lawaai maak.

 

Sus en Louis het elke saterdagmiddag  fliek toe gegaan want dit was al tyd wat hulle gehad het  vir ontspanning. Louis hulle het nie n kar gehad nie. As hulle Hartenbos toe gegaan het om vakansie te hou het hy hout kratte gemaak en daarin was al die breekgoed, beddegoed, klere wat met die goedere trein vooruit gestuur is en dan het Louis hulle agterna gekom met die passesierstrein.

 

Die eerste motor wat Louis gehad het was n klein Austin.

 

Dit is alles wat ek kan onthou .... Hettie.

 

Wat ek weer kan outhou

 

Oom Louis het altyd ek en Teresa se hare agter ons ore gevee tot groot ergernis. O ja! Oom Louis was ook baie bygelowig, gewees. Tannie Sussa kon baie lekker kos maak, het sag gelag en jy kan lekker met haar gesels. - Marie

 

 

MALIE en EDDIE BUDD

 

Malie as ek aan haar dink dan sien ek haar voor die masjien en hoor ek haar sing (Christelike Liedere) Dit was n gebore talent wat sy ontvang het om vir ander mense klere te kon sny en maak. Solank as wat ek weet het sy baie werk gekry en die kas was altyd vol van ander mense se klere waarmee sy besig was. By haar het ek geleer om aanhou en wen met naaldwerk.

 

As ek van die dorp af huis (plaas) toe gaan dan was dit gereeld die plek waar ek saam met Malie vis en aartappels geeet , wat ek gekoop het. Toe my kinders klein was het sy my gehelp as ek n probleem  gehad het met die klere wat ek vir die kinders gemaak het.

 

Malie het as jong meisie op die plaas badskottels gemaak van sinkplaat en dit dan gesoldeer.

 

Malie was baie reguit, sy het haar se gese .

 

Eddie was n bouer (konstruksie) en hy het die mooiste mooi kanaries, duiwe en kapokhoendertjies gehad.

  

 

Dit is alles wat ek onthou .... Hettie.

 

Tannie Malie het my ook so baie keer oor die telefoon gehelp as ek vas gehak het met naald werk. By tannie Malie het jy altyd tee gekry. Vir n plaasmeisie is dit hopeloos te flou so vroeg in die oggend - moet eers koffie drink. Hulle het altyd Engels gepraat in die huis asook Afrikaans.  As jy klaar geeet het moet jy dadelik skoon maak. Ek het baie by Doreen gaan kuier en oorgeslaap. Tannie Malie het die lekkerste groot aarbeie geplant, in n binneband.   

Gussie en Doreen kan so mooi sing.

 

Wat ek onthou ... Marie

 

 

BETTIE en JAMES MEIRING

 

Dit was altyd baie lekker om by hulle te kuier. Bettie was n vrolike mens en lief gewees om iemand n poets te bak. Veral vir Louis en Eddie ag sommer almal. James (haar man) was lief om haar Meid te noem (met Liefde) en sy het dit so verstaan

 

Bettie het vir my die mooiste rokke gemaak. Destyds was die langlyf rokke in die mode. Sy het my hare ingedraai en gekam. Dan het ek nie bietjie gespog by die ander nie. Ek kon sien dit het hulle goed keuring gedra, want hulle was baie lief vir my.

 

Die dag toe James op pensioen was help hy haar die huis skoon maak. Toe hy klaar was het Bettie die flits gevat en onder die beddens en hangkaste gekyk of hy skoon gemaak het. Ou James was baie verontwaardig gewees.

 

 

James het op die myn gewerk. Hy het ook n klomp duiwe gehad.

 

James het n klein karretjie gehad.

As Bettie en James op vakansie gaan of gaan kamp het (onthou hul het 8 kinders gehad),  het moes  'n hout hok met n paar hoendertjies in en 'n klomp vuur maak hout op die DAK gepak word. Hy mos dit doen want daar was baie monde wat kos moes kry.

 

 

Alles wat ek op die oomblik van hulle kan onthou ... Hettie

 

Ek onthou tannie Bettie het n spens gehad waar die tafeldoekie en broodplank altyd gereed gestaan het vir wie ook al lus was vir n lekker dik sny vars brood wat die tannie self gebak het . As jy by die tannie hulle geeet het is die helfde van die bord vol rys gewees, die res van die bord vleis en groente. En as jy nie jou kos eet nie, kry jy kasterolie.

 

Eendag het twee van die seuns, sykouse oor hulle gesigte getrek en aan hul ouerhuis se voordeur geklop. Oom James het oop gemaak. En hom letterlik flou geskrik. So letterlik, hy het net daar, neergeval.

 

Het ek al genoem dat, Oom James ook so bietjie bygelowig was?

 

Dit was die lekkerste huis gewees want daar is baie gelag, gekuier en poetse gebak. .... Marie 

 

BOET en TIENIE JANSE VAN RENSBURG 

 

 Boet het elke middag van die werk afgekom en kom seker maak dat ouma genoeg kos gehad het vir ons twee. Net om seker te maak, het hy elke keer die potte se deksels opgelig en gekyk.

 

Boet het 'n moterfiets gehad.

Elke keer as hy in die straat geloop het en 'n mooi meisie stap verby het hy soos n perd gerinnik en as sy om draai het hy vir haar gewaai.

 

Hy was baie lief gewees vir ouma. Willem sy oudste seun  het baie by ons geslaap en geeet.

 

Boet het 'n kar gehad wat hy, Magata genoem het.

 

Boet het geleer sweis en het by die myn bedank,  sy eie besigheid begin . Hy het met Tabak geboer, later het hy n bosveld plaas gekoop in (Northam ) . Het op Moeketsie n plaas gehad. Daar het hulle met tamaties geboer.

Op Boet se verjaarsdag het die hulle familie by mekaar gekom ( of die naaste Saterdag aan die 19de November) Dan het ons van vroeg tot laat gekuier.Daar het ons koek geeet, gekuier. Boet het n bakkie vol waatlemoene gebring en ons veral die kinders het dit baie geniet . Die aand is daar vleis gebraai , pap en sous, slaai en daarna koffie en tee gedrink. Dit was Boet se begeerte dat die familie mekaar tenminste een keer per jaar sien.

 

Willie (my man) het op Boet se plaas geleer om perd te ry. Die eerste keer het Willie so gekonsentreer om bo op die perd se rug te kom dat toe hy uiteindelik op is, agterstevoor gesit het.

 

Daar is nog so baie dinge  wat ek kan vertel maar dit ontbreek so n bietjie  .... Hettie.

 

 

Ons het baie oor en weer gekuier. Die 16de Desember - gelofte dag- het ons elke jaar by Paardekraal te Krugersdorp gegaan. Dan het Oom Boeta n groot wit tent op geslaan. Ons kinders het daarin gespeel, geeet en geslaap terwyl die groot mense geluister het na die fees rede. As alles verby is, so 4 uur die middag dan het ons eers lekker waatlemoen geeet, dan het almal huis toe gegaan.

 

Oom Boeta wou nooit gehad het dat ek 'n lang broek mag dra nie , as ek wel een aangehad het, dan se hy gaan hom aftrek. Oom Boeta het ook met duiwe geboer.  .... Marie

 

SARIE en HANS PRETORUIS

 

Sarie se huis het altyd geblink. Sy was ook baie vrolik gewees. Sarie het ook vir ander mense naaldwerk gedoen asook gordyne gemaak.

 

Hans was baie musikaal gewees en het baie instrumente gespeel. .... Hettie

 

Ek onthou  ek en Teresa het eendag kosgemaak vir middagete.Tannie Sarie was die heeltyd in die kombuis en het al agter ons skoongemaak.

 

Ek en Teresa het by die rivier gespeel en vir ons van wilgerlate 'n romp en 'n krans gemaak. Ons het stalle (sy was daar want dit was melk tyd) toe gestap om vir my Ma te wys.  Kort voor lank was al die koeie geinteresseerd in ons rompe. Ons was doodbang vir die groot diere wat al nader gekom het, en het die hasepad gekies - bo oor 'n heining. Tot vandag weet nie ek of sy hoe ons dit reggekry het nie.

 

'n Ander keer het ek en sy gaan kyk na die nuwe klein varkies. Ons het op die hout heining gesit (die pale was rond) Teresa het so voor oor geleun dat sy binne ins die vark hok geval het. Ek het my gebreek. Sy aan die aanderkant was woedend.

 

Dolsie en Johan kan baie baie mooi sing. Johan het ook in n orkes gespeel. Ek het baie vakansie by Teresa gaan kuier toe hul in Krugersdorp en in Rustenburg gebly het. As daar n fliek van Elvis gewys het , het ons altyd gegaan en dan dans ons sommer so in die paadjies. Dit was lekker dae gewees. ... Marie.

 

 

WILLIE en GOUWS

 

Willie het as jong meisie saans in die bioskoop gewerk. Sy was n verpleegster deur en deur. Sy is ook baie gesondheids bewus.  .... Hettie.

 

Die tannie se twee seuns Willem en Kerneels was regte terggeeste. As hul kom kuier dan maak Kerneels hom so groot (nie dat hy klein was nie) dan moet ek hom groet met n soen. As ek nie kan nie, dan tel hy my op sodat ek daarbo in die lug hang, tot groot vermaak vir hom. ... Marie. 

 

 

NELLIE en JOHAN MINNIE

 

Nellie  het as jong meisie in Industria in n fabriek wat ammunisie gemaak het gewerk. Sy was baie lief vir dans en was baie vrolike.

 

Johan het ook in die myn gewerk en hy was baie lief vir vis vang.  ... Hettie    

Tannie Nellie se dogter Marina het baie by ons kom kuier. My Pa het toe met grondboontjies geboer. Eendag het Marina vir ons kom kuier. Ek en sy is toe na die dorsland toe en het op 'n hoop grondboontjies gaan sit en EET, kuier en lag. Later toe ons terug loop was dit een groot grap want julle kan net julle indink hoe dit geklink het.

 

HETTIE en WILLIE 

 

 

PIETIE en STEVE

 

 

Pietie  was die stilste van almal. Sy was baie lief gewees om kerrie geregte te maak. Haar eie klere gemaak. Sy het eindelik haar eie ding gedoen. In die aande en  in die middag het sy in die bioskoop gewerk. Pietie was  baie geduldige en rustige. Nellie het n ruk lank by Pietie gebly toe sy nog in die skool was. 

 

Steve was n skrynwerker. Hy was ook baie musikaal gewees en het enige instrument gespeel..

 

Dis al wat ek nou kan onthou ... Hettie. 

 

Ek onthou dat as die tannie hulle vir ons kom kuier het sy altyd vrugteslaai gemaak.  Wanneer ons na Klein Oumatjie se graf toe gegaan het dan het Tannie Pietie die aller lekkerste Kerrie hoender gemaak.

 

 

 



Terug Terug na bo